Omgee

PE Hoogland bied jou die volgende geleenthede om jou geloof deur liefde tot dade uit te leef.  Omgee met liefdevolle versorging.

Klub Alpha

Sluit weekliks aan by ‘n groepie senior lidmate wat Dinsdagoggende om 09:30 bymekaarkom in die Voorhuis en kuier om die Woord en ander aktiwiteite. As jy op soek is na goeie geselskap en omgee, is dit die regte plek om te wees!

Begrafnisbediening

Sluit aan by ons groepie toegewyde dames wat met liefde toebroodjies en tee by alle begrafnisse bedien.

Hospitaalbediening

Besoek saam met ons hospitaalspan gemeentelede en pasïente van buite die stad, in Port Elizabeth se hospitale. Laat weet ons wanneer iemand hospitaal toe gaan.

Dorings en Daisies

Kuier maandeliks lekker saam met ander bejaardes by Doring en Daisies. Hier bied ons veskeie aktiwiteite aan wat jou sommer vinnig tuis en geliefd sal laat voel. Hou ons kerkkalender en afkondigings dop vir die volgende byeenkoms.

Kinderoord verjaardagpartytjies

Sluit by ons aan en maak kinderharte bly! Ons reël verjaardagpartytjies vir die jongmense in Huis 5 van die MTR Smit kinderoord.

Musiek en aanbiddingsleiers

Kontak Hanlie Young as jy die Here wil vereer met jou musiektalent tydens oggenddienste by young@telkomsa.net

Kontak Petrus Meyer as jy die Here wil vereer met jou musiektalent tydens aanddienste by petrus_meyer@yahoo.com

Sopbediening

Word deel van ons sopbediening waar ons talle mans innerlik en fisies voed. Ons gee elke Dinsdag- en Donderdagoggend sop aan mense wat op die sypaadjie naby PE Hoogland vir ‘n werkgeleentheid wag. Pastoor Sydney, van ’n gemeente in Walmer Township, deel ‘n geestelike boodskap met hulle in Xhosa voordat die sop uitgedeel word.

Koffie en kuier

Kuier saam met ons om ‘n koppie koffie elke Sondag na die oggend eredienste in die Voorhuis. As mense jou passie is, kan jy ook help koffie maak.

Toebroodjieprojek

Skakel in by die toebroodjieprojek en help om behoeftige kinders se magies te vul by twee skole in Port Elizabeth. Vrywilligers maak die toebroodjies en lewer dit af.

IMG_1811 copyIMG_2334Omgee