Kleingroepe en Koenek

By PE Hoogland glo ons dat kleingroepe die plek is waar geloof in die praktyk gevorm word. Dit is hier waar ons saam bid, Bybel lees, mekaar leer ken, mekaar dien, versorg en ook ons diensbaarheid in die samelewing uitleef.

Ons het verskeie soorte kleingroepe – bybelstudiegroepe, omgeegroepe, belangegroepe, dissipelskapgroepe, portuurgroepe, geografiese groepe en diensgroepe. Sluit aan by ‘n groep waar jy Hom die beste kan dien deur Leandra te kontak.

Koenek is Hoogland se lewende versorgingsnetwerk waar elke lidmaat behoort. Lees hier meer oor hierdie belangrike manier waarop Hoogland mekaar versorg en met mekaar kommunikeer.

Ons beskik oor ‘n mediateek met boeke, studiemateriaal en DVD’s wat met vrug in kleingroepe van alle ouderdomme en lewensfases gebruik kan word. Kontak vir Leandra om materiaal te bespreek. Besoek gerus ook Bybelmedia waar allerlei materiaal bestel kan word.

Kleingroep