Eredienstye

‘N BESONDERE ERVARING
Besoek ons eredienste vir ‘n spesiale ontmoeting met God en mede-gelowiges. Ons oggenddiens om 08:30 (tydens kwartale 1 en 4) en 09:00 (tydens kwartale 2 en 3) het ‘n meer klassieke styl met orrel en voorsangers. Ons aanddiens om 18:30 het ‘n meer informele en kontemporêre styl. Kom beleef ons eredienste! Bring jou kinders om in die kort boodskap, spesiaal vir hulle aan die begin van sommige oggenddienste, deel te neem. Kleiner kinders is welkom om tydens die erediens by tafeltjies te teken en in te kleur. Kom geniet ‘n koppie koffie of tee na oggenddienste saam met ons in die voorhuis, langs die hoofingang. Hier maak ons vriende!
LOFKABOUTER
Ouers kan hulle kleuters, tydens oggenddienste, met rustige harte in die bekwame hande van die aanbieders van Lofkabouters laat. Hulle ontvang ‘n Bybelboodskap op ‘n speelse manier. Ontmoet hulle elke Sondagoggend in die moederskamer.
EREDIENSTE BY AFTREE-OORD
Inwoners van en besoekers aan die Buffelsfontein Aftree-oord, kom besoek ons eredienste een Sondagmiddag per maand in julle saaltjie in 17de Laan om 17:00. Ons bring die spesiale geleentheid na jou as jy nie saans wil uitgaan nie.

 

IMG_1233 copy