Aanbid

Die Bybel praat deurgaans van God se kinders wat Hom aanbid. In die bekende Onse Vader-gebed leer Jesus ons bid. Hy bid self tot sy Vader. Hy leer ons om in afhanklikheid van God te lewe – in aanbidding teenoor Hom wat alles gemaak het en in stand hou. Aanbidding is die uitsonderlike karakter van die kerk van die Here. PE Hoogland is ‘n gemeente wat saam met die kerk oor alle eeue die drie enige God waarlik aanbid. Aanbid God saam met ons!

 

Lofprysing en aanbidding met Khar’ece

Deel in ons eredienste se lofprysing en aanbidding op die maat van musiek. Ons Khar’ece groep, wat genade beteken, begelei ons met sang en instrumente.

 

Ervaar Hom met kleur en klank

Wat is ‘n erediens sonder klank en visuele materiaal? Beleef God se teenwoordigheid tydens ons byeenkomste met jou sintuie. Of word deel van ons bekwame groepie wat eredienste besondere ervarings maak met hul klank en rekenaarvaardighede.

 

Beleef gebed

Ervaar die krag van gebed saam met ons voorbidders wat weekliks bymekaarkom, soos onderling gereël, om tot God bid. Hulle doen voorbidding vir die gemeente en verskeie ander sake. ‘n Gebedsblaadjie vir voorbidding is ook by die deure beskikbaar. Stuur jou gebedsversoek of navrae na Leandra.

 

Gebedskapel

Soek jy ‘n gewyde atmosfeer waar jy absoluut stil kan word voor God? Ons gebedskapel bied ‘n besondere ruimte vir die doel. Pragtige loodglasvensters herinner ons aan die lewe van Jesus. Die fontein herinner ons aan die lewende water wat ons diepste dors les. Die kerslig herinner ons aan die sagte teenwoordigheid van die Heilige Gees. Jy kan enige tyd van die dag of nag die kapel besoek met ‘n sleutelkode. Verskeie groepe gebruik dit vir gebed. Vir meer inligting en die sleutelkode kontak Leandra.

IMG_9344IMG_9350banner2Aanbid